Dinsdagoggend eet ons vars croissants en koffiewat ek en Janina by die bakker op die hoek gaan koop het. Ons kom agter dat n ontbyt nou maar net 30 euro kos, maak nie saak hoe erg ons probeer spaar nie ;). Ons doel vandag is om vir die werkende (en nie-werkende) windmeulens by Kinderdijk te gaan kyk. Op pad soontoe ry ons by die strand van Scheveningen langs. Die wind waai vreeslik maar die son skyn lekker. ons loop `n lang ent tot by die pier. die pad terug word versoet deur Pannekoeken vir middagete. Die windmeulens was toe baie mooi en nogals interessant ook. Dis taamlik angswekkend as daardie ernorme groot seile so vinnig in die wind draai. Hulle maak `n baie harde suisgeluid. Ons blyplek vir die aand is in Lekkerland naby Ablasserdam. Dis baie mooi daar langs die Lek rivier. (vandaar die naam Lek-kerland). Ons slaap in `n ou plaashuisie reg langs die rivier agter die dyk wat besig is om reggemaak te word. Ons beleef een van die mooiste sonsondergange tot nou toe. Die volgende oggend maak die boervrou self vir ons ontbyt.